Jukskeispelers presteer in Kroonstad
Jukskeispelers van KwaZulu-Natal het gedurende Desember aan die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe deelgeneem te Jukskeipark in Kroonstad.
NEWCASTLE – Jukskeispelers van KwaZulu-Natal het gedurende Desember aan die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe deelgeneem te Jukskeipark in Kroonstad.
Deon Nell (seuns o-19) en Daleen Roos (afrigter) is van Newcastle.
Read: Amajuba’s jukskei stars sling it
Op 5 Desember het die National Doubles kompetisie plaasgevind, en die Meisiesspan het derde in hul afdeling geëindig.
Die spanwedstryde het ‘n aanvang geneem op 8 Desember.
Spanne wat in onderskeie Provinsiale Groepwedstryde moes deelneem, is aangekondig. KZN was saam met Mpumalanga en Limpopo.
Twee KZN lede is vir die Seuns o-19 afdeling gekies.
Twee ander lede van KZN is tot die Meisies Akademiespan verkies wat aan proewe deelgeneem het vir die SA Akademiespan en Uitnodigingspan.
Een van die lede is verkies tot die SA A Seuns 0-19 span.
“n Groot dankie aan Dundee Primêr wat hul bussie beskikbaar gestel het vir die groep spelers om na Kroonstad te reis,” het afrigter, Daleen Roos gesê.
“Dankie ook aan al die ander borge of persone vir hul ondersteuning om te verseker hierdie groep spelertjies die geleentheid kon kry om aan hierdie prestige kampioenskap te kan gaan deelneem.”
Skole-afrigting begin eersdaags by Amajuba Hoërskool wat vier bane gebou het.
Mev. Roos het die personeel van Amajuba en skoolhoof, Justus Hartung hartlik bedank vir hul ondersteuning om jukskei te bevorder.
Also read: Provincial Jukskei competition set for this weekend
Die SA Skole Toernooi te Durban sal gedurende die wintervakansie plaasvind, en alle skole word genooi om in te skryf.
“Indien u belangstel om te kom saamspeel, of indien u graag die sport by u skool wil aanbied, kan u Daleen Roos skakel by 083 375 6527.”
Must read on the site:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on reveshni@caxton.co.za OR Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Newcastle Advertiser: 082 874 5550 and BBM pin D1EF333B.



