Local sportSport

Atlete sit ‘high mileage’ in voor die Comrades

Sterkte aan die atlete wat nou 'high mileage' insit met voorbereiding vir die Comrades wat ook om die draai is.

GELUK aan die ses atlete van Vryheid wat aan die Old Mutual Two Oceans wedloop in Kaapstad gaan deelneem het oor die paasnaweek.

Volgens Barbara was die weer net reg en die Kaapse scenery weereens spectacular. Daai uitsig oor die see met Chappies op en die hoë hoë bome met die Constantia-opdraende sorg dat hierdie baie spesiale wedloop jou elke nou en dan weer terugroep. Die see se blou blou, die goeie gees onder die atlete wat saam deelneem en die skares mense en vrywilligers wat die watertafels beman is soos altyd baie aanmoedigend en hou jou bene aan die gang.

Geluk aan Lario Eybers met haar 21,1km halfmarathon in ‘n tyd van 2:31 en Charl Beneke met sy tyd van 2:08. Baie geluk aan die deelnemers aan die ultramarathon van 56km: Casper Louw met ‘n uitstekende 5:20, en dan Hein Potgieter, Rozanne Vosloo en Barbara Dicks wat ‘n awesome 3-some gevorm het met hulle tyd van 6:32. Hierdie is ‘n ‘moet-doen’ halfmarathon en ultramarathon vir enige atleet.

Sterkte aan die atlete wat nou ‘high mileage’ insit met voorbereiding vir die Comrades wat ook om die draai is.

Onthou ook die Michaelis Challenge met hulle pragtige trail runs vind op 16 September plaas en die Meatmasters Mountain Challenge op 26 Augustus. Ons wil graag almal herinner dat die tydtoetse Donderdae-aande nou om 5:15nm sal plaasvind. Bring maar steeds ‘n liggie saam, dit word gou donker. Onthou ook jou vleisie en kom braai en kuier Donderdaeaande saam met ons.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button