LMS Rugbyweek om die draai
LMS se tweede rygbyweek vir laerskole vind plaas op 17 - 19 Maart by die koshuisvelde in Suidstraat.
LMS se tweede rygbyweek vir laerskole vind plaas op 17 – 19 Maart by die koshuisvelde in Suidstraat.
Wedstryde begin reeds op die 17de om 1:30nm en duur tot 6nm. Op die 18de begin wedstryde om 8vm en duur tot 6nm. Op die 19de begin die eerste wedstryd om 8vm met die finaal wat om 11:45vm gespeel word. Hierdie is ‘n unieke geleentheid om gesonde laerskool ruby te sien en te ondersteun. Verversings sal te koop wees.
Rugby en netbal: Die 1ste rygby- en netbalspan het na Empangeni gereis om aan die Asjas Steenkamp Sportdag deel te neem. Die 1ste rugbyspan wen sy wedstryd teen Richardsbaai Primêr (14-10) en verloor net-net teen Arboretum (7-10). Die seuns het pragtige rugby gespeel met Jan-Rick Swart wat uitgeblink het en 3 drieë die dag gedruk het. Die 1ste netbalspan speel vyf wedstryde waarvan 3 gewen word en slegs twee verloor word. Die tellings teen Eshowe 2-3, Heuwelland 3-5, Empangeni Christian School 8-1, Richardia 8-0 en Richardsbay Prep School 7-6. Dankie aan die ouers wat die leerlinge vergesel het en geluk aan elke speler.
Hokkie: Die 1ste hokkiespan het die afgelope naweek aan “The Diamond Jubilee Festival” by die Natalse Universiteit te Pietermaritzburg deelgeneem. Hulle speel 4 wedstryde teen Athlone Primary 0-0, Pelham Senior Primary 0-1, St. John’s 2-0 en Laddsworth 0-1. Die dogters het ook ‘n heerlike dag by Ushaka Marine World in Durban deurgebring. LMS het waardering aan al die ouers wat die leerlinge vergesel het.
EG Jansen Redenaars: Chené Stear en Nadine van Wyk het LMS by die EG Jansen Redenaarskompetisie in Durban bygewoon. Hulle het hulle baie goed van hul taak gekwyt en was ware ambassadeurs vir LMS.
Vryheid-streek rugby: Baie geluk aan die volgende spelers wat na afloop van die o/13 proewe by die Vryheid-Streek Rugbyspan ingesluit is: A-Span: Jan-Rick Swart, B-span: Martin Jacobs, Wynand Clack, Cole van Rooyen en Dirk Grobler.
Program:
17 Maart – Paasdiens, LMS Rugbyweek, Hokkie- en Netbaltoer na Pongola.
18 Maart – Skool Sluit
5 April – Skool Open.
Find us on: Facebook, Twitter, And on WhatsApp 060 986 0731.



