Latest NewsSchool sportSportBreaking News

Zandri – Die trots van Pionier

ZANDRI Meyer is ‘n graad nege leerling verbonde aan Hoërskool Pionier.

 

ZANDRI Meyer is ‘n graad nege leerling verbonde aan Hoërskool Pionier.

Sy het al vanaf laerskooldae talent getoon in die gewigstoot- en werpskyfitems. Onder leiding van haar pa, Pieter Meyer, het sy ‘n oefenprogram gevolg en pluk vanaf laerskooldae die vrugte van getroue oefening.

Tydens die Pionier Huisbyeenkoms wen sy die werpskyfbeker. In Februarie neem sy deel aan die byeenkoms te Menlopark vir die Pietermaritzburg Uitnodigingspan. Hierdie span word gekies uit alle atlete wat 850 en meer punte behaal op die ABSA-tabel in Natal. Sy wen die werpskyf en kom tweede in die gewigstoot in Pretoria.

Tydens die Piet Retief-uitnodigingsbyeenkoms behaal sy ‘n eersteplek in albei haar items. Tydens die Natalkampioenskappe wen sy die diskus en gewigstoot en hier ontvang sy die beker vir die beste skole veldatleet van die dag.

SA’s was hierdie jaar in Bloemfontein en Zandri eindig sewende uit 23 atlete en met die gewigstoot eindig sy 19e uit 30 atlete. Sy is ook die enigste meisie veldatleet in Natal wat kon kwalifiseer vir die byeenkoms. By die byeenkoms het sy ook die hoogste punt van al die Natal meisies behaal en ook die tweede hoogste punt behaal van die hele Natalspan.

Zandri verteenwoordig Natal op die Atletiek Suid-Afrika byeenkoms in Germiston. Baie geluk met al jou puik prestasies. Hoërskool Pionier is trots op jou!

Kalender

9 April – Senior Dinee

8 April – Skyfskiet Bloemfontein

9 April – Puk 16 – Semi finaal

10 April – 3 Kamp Richmond

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button