School sportSport

Healthy results for KZN Rugby teams at Craven and Academy week in Sandton at St. Stithians

Die Lammergeiers se slot Ryno Swanepoel het met sy inklimspel in die eindstryd beindruk

Northern Natal High School Rugby teams showed this past holiday with their results that o rugby in the province is healthy.
There were three teams that represented NKZN. Two u/19 teams took part in tournaments in Reitz and Potchefstroom. Both teams won two of their three matches. The u/16 team went to Frankfort where they won the tournament.
Northern Natal also had 15 players out of the 23 that represented the Sharks Country and District side at the Craven and Academy week in Sandton at St. Stithians.
A total of 84 boys out of NKZN were exposed to provincial rugby at a higher level.
Die Noord-Natal Lammergeiers het Oostelike Provinsie as kampioen van die jaarlikse VKB-week (vir o/16-spanne) in Frankfort onttroon. Die Lammergeiers het Woensdag op Wilgerivier in Frankfort in die eindstryd van die week met 36-26 oor OP koning gekraai. Die nuwe kampioen het teen rustyd ‘n voorsprong van 15-7 geniet.
Oostelike Provinsie het die afgelope twee jaar met die louere weggestap. Die Lammergeiers se slot Ryno Swanepoel het met sy inklimspel in die eindstryd beindruk. Swanepoel kon egter nie die uitsoekspan na Dubai haal nie, maar is wel in die naasbeste 25-tal van die week opgeneem. Interresant is dat geen van die kampioen se spelers goed genoeg geag was deur die keurders om as die beste speler in hul onderskeie posisies tydens die week aangewys te word nie.

Steyn is ‘n leerling van die Leeuwenhof Akademie in Germiston

Ses van die span se spelers het wel die vergrootte toergroep na Dubai gehaal. Hulle is SW Craig (haker), FP de Villiers (stut), Armand Olsen (agtsteman), Ruan Bosman (skrumskakel), JW Olsen en Johan Oberholster (albei senters).
Die Titans, wat vanuit Johannesburg-skole gekies word, was self ‘n gedugte span op die toernooi. Die span het op die laaste dag ‘n klinkende sege van 24-0 oor die Luiperds behaal. Al die punte van die wedstryd was reeds in die eerste helfte aangeteken. Die Titans se flank Jarryd Steyn is as die voorspeler van die toernooi vir sy rits skitterende vertonings aangewys. Steyn is ‘n leerling van die Leeuwenhof Akademie in Germiston.
Sandveld se binnesenter, JC Kleynhans, is vir sy vertonings tydens die week met die toekenning as Agterspeler van die Toernooi vereer. Kleynhans is soos Steyn in die toerspan na Dubai ingesluit.
Die Rooikatte se vleuel Khatlo Molefe het ‘n driekuns aan driee op die laaste dag in sy span se oortuigende sege van 35-14 oor Oud-Skoliere. Die Rooikatte word uit die Pretoria Privaatskole saamgestel, terwyl Oud-Skoliere van Bethlehem uit spelers van Voortrekker en Witteberg gekies word.
Puntemakers: Noord-Natal Lammergeiers 36 (15) – Driee: JW Olsen, Wikus van der Walt, SW Craig, Ruan Muller, Armand Olsen. Doelskoppe: Muller (4). Strafdoel: Muller. OP-platteland 26 (7) – Driee: Ricardo Krige, Morne Prins, Cameron le Vac, M Nortje. Doelskoppe: Elcurtis le Vac (3).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button