Skuts en spelers vaar kolskoot by Pionier
"Ons hou duim vas dat dit voor die wind met julle sal gaan. Hou Pionier se naam hoog!"
Pionier se skuts het op Julie 13 aan Liga 5, die laaste Liga-kompetisie, op eie bodem deelgeneem.
Tydens dié kompetisie is ook medaljes van die vorige kompetisie uitgedeel.
Uitslae is as volg:
Onder-14 Veerklas – Anika Dedekind (silwer).
O-14 Sporterklas – JP Barnard (goud).
O-16 Veerklas – Renaldo van Ellinkhuizen (brons).
O-16 Sporterklas – Rhyno van Zyl (silwer).
Die volgende skuts het hulle persoonlike beste verbeter en ontvang medajes daarvoor: Anika Dedekind, Brian van der Watt, Derrick Botha, Owen Strydom en Tristan Swart.
Baie sterkte aan die skuts wat Julie 26 en 27 aan die Interskole-kompetisie te Ferrum, Newcastle sal deelneem.
“Ons hou duim vas dat dit voor die wind met julle sal gaan. Hou Pionier se naam hoog!”
Krieket: Die o-15 krieketspan het teen Ferrum kragte gemeet. Pionier kolf eerste en behaal 109 lopies in 20 beurte. Die beste kolwer is Altus Fourie met 40 lopies. Ferrum kry 102 lopies, almal uit. Die beste bouler is Christiaan Scheepers met vyf paaltjies. Pionier wen met sewe lopies. Mooi so!
7’s toernooi: Pionier se 7s het Julie 19 en 20 aan die o-18 Crawford La Lucia 7s Toernooi deelgeneem. Die uitslae is soos volg: Vrydag se eerste wedstryd verloor hulle teen Westville Boys High 0 – 56. Hulle wen Ashton College 39 – 0 in die tweede kragmeting. Saterdag het hulle Pinetown Boys High 29 – 14 geklop. Die span dring deur na die semi-finaal uitspeelwedstryd vir die plaatbeker en speel teen Curro Mount Richmore en wen 19 – 12. Hulle het ongelukkig in die finale uitspeelwedstryd vir die plaatbeker teen St Charles met 0 – 35 verloor. Die span eindig algeheel sesde uit 16 skole. Baie geluk, manne!
O-15 netbaltoernooi:
Die o-15 span is uitgenooi na die O-15 Kay Motsepe-toernooi te Kuswag. Elke distrik in die land moet ‘n wenskool kies in twee afdelings, die voorheen bevoordeelde skole en die voorheen benadeelde skole. Die twee wenners van elke distrik gaan dan deur na die provinsialetoernooi waar daar ‘n eerste en tweede plek in elke afdeling aangewys word. Ons o-15 span het ‘n tweede plek in KZN in die voorheen bevoordeelde skole-afdeling behaal en dring só deur na die SA-skole toernooi wat op Augustus 22 tot 25 in Magaliesburg sal plaasvind.
“Baie geluk, ons is trots op julle!”
Also read: Tweelinge in dosyne by Pionier Hoër
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






