Lieg ons vir onsself…????

Die dood van 2006 het 2007 gebring. Die Woestynrot wil eers ‘n uiters voorspoedige Nuwejaar aan al sy lesers toewens voordat hy pens en pootjies in 2007 in spring. Dinge in Dundee het sy natuurlike rustige gang gegaan oor die feesgety, maar sekere ding het die Rot se ore bereik. Nou, ‘n woord van teregwysing …

Die dood van 2006 het 2007 gebring. Die Woestynrot wil eers ‘n uiters voorspoedige Nuwejaar aan al sy lesers toewens voordat hy pens en pootjies in 2007 in spring. Dinge in Dundee het sy natuurlike rustige gang gegaan oor die feesgety, maar sekere ding het die Rot se ore bereik. Nou, ‘n woord van teregwysing aan sommige van ons diensverskaffers in die toerisme-industrie en sakesektor:

Julle mag nie ‘n ekstra heffing op ‘n debietkaart hef by julle tills nie. Debietkaarte is nie kredietkaarte nie, dis instant cash, en julle word betaal met geld wat aan die kliënt behoort, nie aan die bank nie…halloooo…! Daar was enkele gevalle in Dundee waar mense tot R50.00 se heffing by die eindprys gesit het as mense met debietkaarte betaal. Nou, dit mag nie. Wees gewaarsku en kyk uit daarvoor

Diensverskaffing was weer die voorkeur gatvol-moan van die Rot, en sekere coffee shops en restaurante moet kwalifiseer vir die Moegoe van die Week-prys. Daar is waitressies in Noord-Natal wat eerder science fiction of beauty treatments moet gaan swot, want kelners is julle definitief nie, girls. Genade…wanneer gaan hierdie little goedjies leer dat mens nie halfwarm bier in ‘n vuurwarm glas aan ‘n kliënt voorsit nie? Of, as jy nie weet wat om te doen nie, dan gaan sit en twitter jy nie in ‘n hoekie nie, maar gaan jy hulp by die manager soek. Moenie net ‘n menu neerplak en vlug nie.

Ons wetstoepassers het hulself oor die feesgety weer goed van hulle taak gekwyt om die jaarlikse silly season se kranksinnigheid die hoof te bied. Die Woestynrot het een flare-up met ‘n polisieman gehad wat gedink het hy is ‘n soft target, maar vreeslik polite geraak het toe die Rot vir hom tande wys. Dit ten spyt, moet ons die manne in blou bedank vir veral hulle goeie reaksie met Dave Fulton se aanval. Nog ‘n paar woorde van ondersteuning vir die NPA se verkeersbeamptes op die langpad is nodig, want dit is ‘n bloody war zone out there gewees, en hulle taak word nie vergemaklik deur al die idiote agter ‘n stuurwiel daar buite nie. Taxi’s wat óp jou gat ry, soos die idioot op die foto, blyk ‘n gunstelingmanier te wees waarmee hulle jou op die pad terroriseer.

Die plaaslike toerisme-sektor het intussen hulle vere reggeskud vir die nuwe seisoen, ‘n naamsverandering ondergaan, (hulle heet tans Endumeni Tourism) baie planne gemaak met nuwe tariewe, ensovoorts, en ons sien uit na ‘n jaar vol dinge. Plaaslike diensverskaffers moet net op die ball wees. Onthou, julle doen niemand ‘n guns nie. As die man in die straat nie deur julle deure kom nie, dan is dit nié hulle wat gaan swaarkry nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button