Editor's choiceEntertainmentLifestyle

Mathys Roets to perform at Platrand

Mathys het reeds 15 CD's vrygestel en is ook die eerste kunstenaar in Suid-Afrika wat 'n DVD vrygestel het

Mathys Roets will put on a concert at Platrand Lodge, outside Ladysmith, on Friday, March 14, at 7pm.

Die Suid-Afrikaanse sanger Mathys Roets begin sy loopbaan as sanger in alle erns gedurende 1996.

Mathys het homself oor die afgelope 14 jaar as ‘n ernstige Afrikaanse vermaaklikheidskunstenaar gevestig, wat veral bekend is vir sy besonderse vertolking van musiek van Koos du Plessis, Lucas Maree, Leonard Cohen, Neil Diamond en Rodger Wittaker. Met meer as 250 vertonings per jaar in van die grootste stede tot die kleinste dorpies, het Mathys al so te sê ‘n huishoudelike naam in die Afrikaanse musiekwêreld geword.

Dit bly ook nie net in Suid-Afrika nie, Mathys het reeds toere na Engeland, Griekeland, Kanada, Londen, Dubai, Nieu-Seeland en Australië onderneem.

Mathys tree gereeld by die groot kunstefeeste op, waar sy vertonings gewoonlik reeds voor die feeste begin, vol bespreek is. Hy sing beide Afrikaanse en Engelse musiek wat groot byval vind by sy gehore.

Mathys het reeds 15 CD’s vrygestel en is ook die eerste kunstenaar in Suid-Afrika wat ‘n DVD vrygestel het. Hierdie DVD, ‘Mathys Live Vrydag die 13de’, verkoop tans baie goed en is landwyd beskikbaar. Die opname sluit twee ure se opnames in die Centurion Teater in en Mathys sing saam met sy orkes van sy bekendste liedjies asook ‘n paar nuwe treffers. Mathys beskryf die opname as een van die hoogtepunte van sy loopbaan. Die DVD is ook ‘n eerste vir SA!

Mathys het ook ‘n CD van die klankbaan van die DVD vrygestel, naamlik ‘Mathys Live Vrydag die 13de’.

Hy het ook sy tweede DVD, ‘Songs of Leonard Cohen’, einde Desember 2005 vrygestel. Die vertoning is lewendig opgeneem in die Sand Du Plessis teater in Bloemfontein, waar hy opgetree het met ‘n orkes wat bestaan uit van die beste musikante in die land. Met dié opname is daar gepoog om die beste moontlike beeld- en klankkwaliteit te bied.

In 2006 het die album ‘Fluister’ verskyn. Volgens Mathys hou hy daarvan om dinge op ‘n stiller manier te doen, en dis waarom ‘Fluister’ so na aan sy hart lê. Die helfte van die liedjies is deur Piet van Wyk De Vries geskryf en die kwaliteit daarvan vergestalt die slagspreuk: Trots Suid-Afrikaans.

Mathys se 12de CD, ‘In retrospeksie’, het pas verskyn. Daarop is gunstelinge soos ‘Don’t believe in if’, ‘Droomvrou’, ‘Dance me to the end of love’, ‘Daar’s ‘n plek’, ‘Splinterruit’, ‘Bird on a wire’, ‘Fluister’, ‘Sprokie vir ‘n stadskind’, ‘Hallelujah’ en ‘Gebed’. Dié versameling van 22 liedjies som sy omvangryke talent en besonderse styl op. Hy is sinoniem met sinvolle musiek waarna mens lank kan luister, en dat hy reeds besig is met die beplanning van sy volgende album is opwindende nuus.

Op 23 en 24 Februarie stel Mathys Roets sy 14de album, Droomvrouens by die Centurionteater bekend.

” Alle manne word deur ‘n verskeidenheid van vroue beïnvloed. Dit gaan nie net oor die liefde nie, maar meestal wel. ‘n Paar manne moes al aan meer as een vrou totsiens sê – dalk die ouens wat ‘n paar keer te veel hallo gesê het.”

Die skoner geslag kla gereeld dat mans nie kan kommunikeer nie, dat hulle nie romanties is nie, dat hulle nie hulle emosies kan verwoord nie.

Mathys kyk op hierdie album na die mans wie dit wel kan doen: Onder andere Leonard Cohen, Neil Diamond, Cat Stevens en dan plaaslik Piet van Wyk de Vries, Lucas Maree, Koos du Plessis en Danie Niehaus.

Van die skrywers praat van ‘n geïdialiseerde droomvrou wat nie noodwendig bestaan nie, ander is baie spesifiek, en nie almal is ewe romanties of gelukkig nie: Die laggende maar verraderlike Delilah se lewe word geneem, Koos du Plessis se Karla is vir sy dogter geskryf. Een ding het almal wel in gemeen – hulle is hartstogtelik besig om die vrou ter sprake aan te spreek, of te besing.

Van die titels is voorheen opgeneem, en vir die nuwe verwerkings en opnames het Mathys weereens saam met die meesterlike Matthys Maree (klavier, trekklavier), Bruce Wallace (dromme), Nathan Smith (kitare), Susan Mouton (tjello), Evert van Niekerk (viool), en Rozelle Blackie (stem) gewerk.

Droomvrouens is die album vir romantiese kersligaande, en ook vir daai nagte wanneer jy sefbejammerend en alleen sit en tob oor waar alles dan vergeet gegaan het.

Tickets for the Ladysmith concert on March 14 are selling for R120 per person and are available from Tina on 036-637-7977 or Elize on 036-637-2204.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button