Moenie Marulaboom by die Winterfees misloop nie
Marulaboom kry dit reg om keer op keer oud en jonk te vermaak. Hy het sowaar ‘n unieke gawe om ‘n gehoor te lees en sy vertonings en grappies aan te pas sodat almal dit geniet. Marulaboom se albums is eksperimenteel en vervat sy malste idees omdat hy nuwe dinge wil doen in Afrikaanse musiek, …
Marulaboom kry dit reg om keer op keer oud en jonk te vermaak. Hy het sowaar ‘n unieke gawe om ‘n gehoor te lees en sy vertonings en grappies aan te pas sodat almal dit geniet.
Marulaboom se albums is eksperimenteel en vervat sy malste idees omdat hy nuwe dinge wil doen in Afrikaanse musiek, en nie wil doen wat veilig, verwag word of populêr is nie.
“Baie mense sal dink dis verseker malligheid, maar daar sal ander wees wat sal dink dit is awesome! Die sleutel is om mallerige musiek te maak wat die meeste mense sal dink is awesome,” het hy gesê.
Marulaboom se vertonings is vars, gelaai met energie en bied n fees van klank en visuele vermaak. Sy komiese aanslag is veral populêr op intieme funksies soos troues, verjaarsdae, boeresports en potjiekoskompetisies.
“Dit gaan vir my oor interaktiewe vermaak waar die gehoor voel hulle is deel van die aksie. Die optrede moet n belewenis wees en elke faset bruikbaar moet ingespan word om vir die gehoor iets te gee wat hul nie sal vergeet nie,” het hy gesê.
Marulaboom se musiekvideos kan gesien word op sy YouTube kanaal en sy vertonings en doen-en-late kan beide op sy Facebook en Twitter profiele gevolg word.



