50 jaar van feesvieringe
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk Newcastle-Suid vier vanjaar hul vyftigste verjaarsdag. Die kerk is een van die oudste kerke in Newcastle en het voor die industriële bloeityd tot stand gekom. In die vroëer dele van die Bybel is elke 50ste jaar in Israel tot ‘n jubeljaar, ‘n jaar van genade en van herstel, afgekondig. Finansiële skuld …
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk Newcastle-Suid vier vanjaar hul vyftigste verjaarsdag.
Die kerk is een van die oudste kerke in Newcastle en het voor die industriële bloeityd tot stand gekom.
In die vroëer dele van die Bybel is elke 50ste jaar in Israel tot ‘n jubeljaar, ‘n jaar van genade en van herstel, afgekondig. Finansiële skuld word dan afgeskryf en mense begin van vooraf, sonder skuld. In die latere dele van die Bybel begin Jesus Christus met Sy bediening en kondig dan die genadejaar of genade-era van God aan. Mense se sondeskuld word sodoende afgeskryf en kan dan nuut in verhouding met God leef.
Met hierdie genade van 50 jaar, vier die gemeente ‘n fees in 2014. Gemeentelede gaan die verhaal van Rut, wat ook ‘n verhaal van genade is, opvoer. Die verhaal vertel hoe God twee vrouens se uitkomslose lewe verander het. Tradisioneel word die verhaal by Israel se oesfees gelees. Hierdie verhaal word op Pinkstersondag, 8 Junie om 9vm te Doornstraat 20, Arbor Park opgevoer. Hier word dan feesgevier oor die uitstorting van die Gees van God.
Almal is meer as welkom by die optrede en feesvieringe.



