EntertainmentLifestyle

At en Emelie Moolman neem afskeid

"Ons het besluit om nou na Ballito te verhuis om n bietjie te gaan rus, na 27 jaar in Vryheid."

AT en Emelie Moolman skryf: “Die Bybel sê daar is n tyd om te kom en n tyd om te gaan en dit het dan nou tyd geword vir ons om te gaan.”

“Ons het besluit om nou na Ballito te verhuis om n bietjie te gaan rus, na 27 jaar in Vryheid. Ons het 27 jaar gelede At Moolman Makelaars begin in Vryheid sonder geen enkele klient. Die Here was goed vir ons en het ons uitermate gesëen om die besigheid saam met ons kinders te kon opbou tot waar dit nou is.

“Aldus en Sunel bestuur alreeds die besigheid vir n geruime tyd, maar hulle het dit nou finaal oorgeneem, en ons wens hulle alles wat goed is vorentoe, en alle voorspoed in die Vader se naam. Ons kan u verseker dat hulle diens aan ons kliente deur hulle en hulle personeel selfs nog beter is as voorheen en ons vertrou dat u hulle nog steeds so getrou sal ondersteun.

“Ons sê vir almal wat ons pad gekruis het in Vryheid, of dit nou kliente, vriende, kennisse, of iemand wat ons om een of ander rede mee te doen gehad het, dankie vir dit wat u vir ons beteken het. Alles het daar toe bygedra om ons lewe ryker en meer sinvol te maak, ook selfs deur moeilike tye. Ons wil u verseker dat dit nie ‘n maklike besluit was nie, maar ongelukkig is veranderings nie altyd maklik nie.

“Ons wil u egter uitnooi om wanneer u in daardie omgewing is, gerus by ons n draai te maak, want dit sal heerlik wees om u weer te sien. Dit is in elk geval net n katspoegie van Vryheid af.

“We would also like to thank all our English speaking friends, clients and acquaintances for everything they meant to us in the 27 years we have been privileged to live in Vryheid. We are going to miss you lots.

“Although our hearts are aching, we will carry all the good and beautiful memories with us on our new venture forward. We pray you all to receive good health and peace of mind forward.

“Mag die Here se sëen op u almal rus vorentoe.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button