NG Kerk Dundee eeufees die naweek – 16-17 September
Na die diens word almal genooi vir gesellige samesyn om 'n koppie tee en later word die naweek afgesluit met 'n bring en braai en kuier op die terrein.
Die gemeenskap van die NG Kerk van Dundee vier hierdie naweek die fees van die NG Moeder gemeente se 100 jaar van Genade.
Die program skop Saterdag, 16 September, af met n Oggendmark gerig op die gemeenskap van Dundee. Daar sal ongeveer 30 stalletjies wees wat meestal deur die gemeenskap van Dundee beman sal word en die gemeenskap van Dundee word genooi om saam te kom kuier.
Die aand word die Eeufees gedenk ete in die saal van Dundee Junior skool gehou. Tydens die ete sal die Feesalbum amptelik deur die skrywer Dr Gerdrie van der Merwe aan Malan Nel oorhandig word en die gaste sal onthaal word deur die bekende Robert Brooks en Gisela de Villiers.
Sondag, 17 September, begin die verrigtinge om 8:45 met die onthulling van die Eeufees Gedenksteen waarna die Erediens en Nagmaal gelei deur verskeie van die oud leraars, Prof Pieter Coertzen, Ds Daan Dekker en Ds Steyn van Heerden gehou sal word. Robert Brooks en Gisela de Villiers sal weer tydens die diens optree. Die diens word afgesluit met boodskappe van die afgevaardigdes vanuit die kerk gemeenskap.
Na die diens word almal genooi vir gesellige samesyn om ‘n koppie tee en later word die naweek afgesluit met ‘n bring en braai en kuier op die terrein.



