Hoe om jou emosies te hanteer met jou kind se eerst dag op skool
Hier is so paar wenke om jou te help om jou emosies beter te hanteer wanneer jou kind se eerste skooldag aanbreek:
Daar is ‘n eerste keer vir alles. Jou kind gee ‘n eerste tree of sê ‘n eerste woord en hierdie mylpale bly mens altyd by.
Daarom is dit vir baie ouers ‘n emosionele ervaring wanneer jou kind die eerste keer skool toe gaan, nie net is dit nog ‘n mylpaal nie, maar dit is ook ‘n herinnering aan al die ander ‘eerstes’ wat verby is, ‘n herinnering aan hoe vinning tyd verby gaan.
Wanneer dit jou kind se eerste dag op skool is, kan dit angswekkend raak vir jou as ouer en daar gaan soveel vrae deur mens se kop. Sal my kind weet wat om te doen? Gaan almal vriendelik wees met hom of haar en wat as hulle moeg of hartseer raak?
Hier is so paar wenke om jou te help om jou emosies beter te hanteer wanneer jou kind se eerste skooldag aanbreek:
Beheer jou eie emosies:
Kinders kan aanvoel wanneer jy angstig of hartseer is en dit dra dan oor aan hulle. Maak seker jy lyk selfversekerd en opgewonde dan sal jou kind se selfvertroue ook meer wees.
Hou aan gesels:
Om met jou kind te gesels en hulle vrese te bespreek kan baie help om jou kind gerus te stel.
Dink aan die toekoms:
Om te gesels en saam met jou kind te spekuleer oor wat die dag of die res van die jaar, vir hom of haar inhou kan baie help om die kinders gerus te stel, nuuskierig of selfs opgewonde te maak.
Sorg dat die pad skool toe ‘n bekende een is:
Dalk ry julle gereeld verby die skool of bly julle naby genoeg om ‘n dag-of-twee voor die tyd vir jou kind die toekomstige skool te gaan wys. As julle spesifieke roetines en gebruike het wanneer julle ry sorg dat julle dit selfs op die dag doen. Dit sal jou kind gemakliker maak aangesien hulle reeds bekend is daarmee.
Berei voor:
Om saam met jou kind vroegtydig hul tasse en skoolklere reg te pak kan hulle help om voor die tyd gewoond te raak aan die idee van skool toe gaan.
Maak vinning klaar:
Berei voor die tyd voor, pak klere reg, kry ontbyt vroeg reg en maak vinning klaar. Om onnodige ekstra tyd te hê skep meer geleenthede vir iets om skeef te loop.



