#DonderdagVanDestyds: Afrikaans word erken as amptelike taal in Suid-Afrika 8 Mei 1926
92 jaar gelede is Afrikaans vir die eerste keer as amptelike landstaal in gewei op 8 Mei 1926.

92 jaar gelede is Afrikaans vir die eerste keer as amptelike landstaal in gewei op 8 Mei 1926.

Die aanbeveling van ‘n gesamentlike komitee dat Afrikaans, naas Engels as amptelike taal erken moes word, was uiteindelik deur die Volksraad en Senaat aanvaar.
LEES OOK: #ThrowbackThursday: Inauguration of the Union of South Africa on Tuesday (May 31, 1910)

Volgens bepalings in artikel 127 betreffende die amptelike tale in Suid-Afrika, kragtens artikel 152 van die Suid-Afrikaanse Wet, kon Afrikaans slegs met ‘n twee-derde meerderheidsstem as amptelike taal erken word. Die eenparige besluit deur die raad het dit moontlik gemaak en op 8 Mei is Afrikaans uiteindelik as Amptelike taal ingewei.
Afrikaans het sy oorsprong reeds in die 17de eeu, toe dit as pidgin-taal gepraat was. Die vermenging van Nederlands (die ‘settelaarstaal’) en die tale van die verskeie slawe en plaaslike inwoners het teweeg gebring dat die hoof spreektaal van dié tyd (hoofsaaklik Nederlands), deur verskeie kulture aangeneem, en ook beinvloed was.

Uiteindelik het dié taal ontwikkel tot ‘n kreoolse taal wat later die standaard spreektaal geword het. Afrikaans het egter nie ontstaan vanuit die Nederlands wat deur Jan van Riebeeck se sosiale groepering gepraat is nie, maar is gepraat deur die Khoi-Khoin wat vanaf 1595 met Nederlandse setlaars in aanraking gekom het. Die Khoi-Khoin het gepoog om die setlaars na te praat, ten einde ruilhandel te vergemaklik.
Na oorlewering word dit vermoed dat die eerste amptelike geskrewe sin in Afrikaans Hebba olla vogala nestas hagunnan hinase hic enda thu uuat unbidan uue nu? (Vertaal as: “Alle voëls begin in neste, buiten ons twee. Waarvoor wag ons?”) is, en deur die jare is Afrikaans ontwikkel tot die veelsydige taal wat ons vandag ken; die derde grootste taal in Suid-Afrika met 13.5% van alle Suid-Afrikaners wat Afrikaans-magtig is. Afrikaans is ook die grootste eerste(huis)taal in beide die Wes- en Noord-Kaap.

LEES OOK:Die oorsprong van Afrikaans
Het julle geweet?
– Koos du Plessis se gewilde lied Kinders van die wind is die mees vertaalde lied ter wêreld. Die lied is in sewe verskillende tale vertaal.
– Die film Skoonheid, is die eerste Afrikaanse film wat by die Cannes Filmfees gewys het. Die film is geskryf deur Didier Costet, Oliver Hermanus wat ook verantwoordelik was vir die regie. Die Immergewinde Deon Lotz het die hoofrol vertolk.
– In 1916 is die eerste Afrikaanse film De Voortrekkers verfilm en vandag spog ons met honderde films wat kan kersvashou met die beste uit Hollywood.
– Die South African Music Awards (SAMA’s) word jaar-na-jaar ook deur Afrikaanse sangers domineer. Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis en Karlien van Jaarsveld is maar ‘n paar sangers wat al met dié gesogte toekenning weg gestap het.
– Afrikaans is een van slegs 5 tale wêreldwyd wat dit kon regkry om tot hoëonderrigtaal te ontwikkel.
– “Eeueoueooieuiers” is een van die langste woorde met byna geen konsonante in nie. Die woord bevat 14 vokale voor dit uiteindelik deur ‘n konsonant verbreek word.

– Afrikaans is die 140ste grootste taal ter wêreld.
-Die Afrikaanse Taalmonumnet is amptelik in gewei op 10 Oktober 1975. Op die monumentvloer staan die woorde “Dit is ons Erns” geskryf, wat boekdele spreek oor die liefde, passie en trots van die Afrikaanssprekende gemeenskap.
-Afrikaans word wêreldwyd gepraat en groei daagliks. Die taal word selfs al as vak aangebied by sekere universiteite in, onder andere, Kanada en Australië.
Also remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.

Remember to read our WhatsApp disclaimer.
You can also email our offices; Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za – Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za – Tersia Gopi at newed@caxton.co.za – Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za and F.C. Pelser on sam@caxton.co.za



