Na afloop van die Junie-eksamen sien personeel en leerders uit na die welverdiende vakansie wat voorlê. Die jaarlikse Biltongfees wat by Battlefields-lodge te Dundee gehou word, is die perfekte afskop. Kom kuier saam op 23 Junie. Vir al die vroeë opstaners, kom deel in die perdry- en bergfietsrit waarna die motorfietswedren plaasvind. Talle unieke stalletjies en glanssterre soos Andries Vermeulen, Jo Black en MWAH! sal jou dag op vrolik.
‘n Heerlike akademiese oorsese toer na Italië lê voor: geniet dit en kom veilig terug. Bon Voyage.
Ons wens al die provinsiale deelnemers aan verskeie sportsoorte sterkte toe. Hou Pionier se naam hoog. Ons is trots op julle.
ALSO READ: Pionier groet ‘n legende
AND: Pionier’s top matric, Ankia Saayman, is set to change the world for the better
Kalender:
17 Julie: Skool open
17- 19 Julie: Kultuurweek
20-22 Julie: Graad 11-Ontwikkelingsleierskamp
26 Julie: Wanneer trou jy? Mariette Loubser (Kaartjies by kantoor)
31 Julie: Mama Mia-musiekblyspel begin (Kaartjies en bespreking by kantoor)



