Dirk van der Westhuizen kom kuier in Newcastle!
Die vertoning begin 8nm. Kaartjies vir die vertoning beloop R80 vir volwassenes en R40 vir skoliere.

Die immergewilde Dirk van der Westhuizen kom tree een van die dae in Newcastle op.
Bring jou vriende en familie en kom geniet ‘n aand saam by die Tree Tops dek van die Pines Wedding and Conference Village, saam met een van Suid-Afrika se gewildste jong sterre.
Dirk, wat verantwoordelik is vir treffers soos Fairytale, Sexy vir my en die Tennis Tune saam met die Flooze, sing al vir jare op verhoë regoor die land.
Ons kan definitief groot pret verwag wanneer hy sy eerste besoek in ons dorp kom aflê op Saterdag 15 Desember.
Die vertoning begin 8nm. Kaartjies vir die vertoning beloop R80 vir volwassenes en R40 vir skoliere.
Vir meer inligting kontak Johan Pieters op 034 318 1888.
Contact us
WhatsApp: 082 874 5550
Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za
Make sure you follow us for constant updates:



