Local newsNews

Ongelooflike samewerking toe vlamme in Koepel woed

'n Noodgereedheidsgrondslag vergadering met alle rolspelers is Donderdag by Stonehenge gehou in 'n poging om 'n lys saam te stel van beskikbare hulpbronne nie net vir brande nie, maar alle nood

Ongelooflike samewerking is gesien toe die Vredefort Koepel verlede week weer onder verwoestende brande deurgeloop het. Handré Tredoux van Rondekop vertel hulle het verlede Maandagmiddag rondom 14:00 die rook gesien. Van die Kopjeskraalpad het die vlamme oor die grondpad gespring na Koedoeslaagte.

Handré vertel verder dat hy en ander dadelik omgery het van Koedoeslaagte se kant na Rondekop. Teen 17:30 was die brand by Rondekop en het hulle begin met teenbrande. “Die wind het verskriklik gewaai,” vertel hy.

Verskeie mense het dwarsdeur die nag tot vroeg die volgende oggend teen die vlamme baklei. Toe die wind later weer begin optel is die vlamme in ‘n suidelike rigting oor na Donkerfliet en is weer probeer om ‘n teenbrand te maak. Vandaar is die vlamme verder oor die Kopjeskraal Country Lodge grond waar die vlamme oorgespring het by die Kopjeskraalkant en vandaar weer terug na Rondekop se kant.

Daardie Woensdag het die brand weer opgevlam en na Kopjeskraal toe gebrand. Die brand is eers teen Woensdagaand onder beheer gebring nadat dit sporadies van Maandag af opgevlam het. Dankie in besonder aan Rocky Ridge, Real Adventures en Eagle Rafting vir die hulp wat verleen is, asook alle ander betrokkenes en vrywilligers.

‘n Noodgereedheidsgrondslag vergadering met alle rolspelers is Donderdag by Stonehenge gehou in ‘n poging om ‘n lys saam te stel van beskikbare hulpbronne nie net vir brande nie, maar alle nood

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button