Local newsNews

GPF jaarvergadering en patrollie

Onthou ook die gesamentlike SAPD/Gemeenskapspatrollie hierdie Vrydag.

Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) se jaarvergadering word gehou op 21 November om 18:00 by die NG gemeente Parys-Suid (gebruik die Rubinstraat-ingang). By die vergadering sal terugvoer gegee word oor die jaar se werksaamhede en misdaadtendense wat gesien is. Enigeen is welkom om die vergadering by te woon.

Gesamentlike patrollie
Onthou ook die gesamentlike SAPD/Gemeenskapspatrollie hierdie Vrydag.
Daar sal om 19:30 voor Mr Price by die Pick ‘n Pay sentrum bymekaar gekom word. Enigeen is welkom om saam te ry. Geen vorige ondervinding is nodig nie. Jy ry met jou eie voertuig en help op dié manier om ekstra oë en ore vir die polisie te wees.
So kan jy ‘n verskil maak aan misdaadsyfers die Feesseisoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button