Al byna 400 horlosies bymekaar
Hulle hang ’n hele muur vol en daar’s nog baie meer. Altesame 361 horlosies. Dit is 10 jaar se bymekaar maak van Sonia van der Walt. Hoe die gier om horlosies te versamel begin het, kan sy nie regtig sê nie. Miskien was dit pa Viv se sagteplek vir ’n staanhorlosie.
Hulle hang ’n hele muur vol en daar’s nog baie meer. Altesame 361 horlosies. Dit is 10 jaar se bymekaar maak van Sonia van der Walt.
Hoe die gier om horlosies te versamel begin het, kan sy nie regtig sê nie. Miskien was dit pa Viv se sagteplek vir ’n staanhorlosie.
Aan die begin het Sonia vir die mooi gekoop, maar vandag koop sy selektief. En solank daar nie batterye vir almal gekoop hoef te word nie, is manlief gewillig om maar elke keer nog ’n horlosie op te hang op die versamelaarsmuur in hul huis in Kortstraat.
Sonia vertel dat hoewel sy baie van die horlosies gekoop het, is daar ook net soveel wat sy as geskenke ontvang het van vriende, familie, en selfs kliënte. Haar eerste horlosie was ’n horlosie van Sasol en vandag is daar selfs horlosies wat uit die Tsjeggiese Republiek kom.




