Local newsNews
Help met legkaartgenot vir ons bejaardes
As jy kaste skoonmaak en ontslae wil raak van 'n paar legkaarte wat jy nie meer voor nut het nie, dink daaraan om dit vir ons bejaardes te skenk wat die vreugde van legkaartbou geniet.
Legkaarte sorg ‘n heerlike tydverdryf vir ons bejaardes. By Sally Martin Park, word daar elke dag legkaart gebou. Sommer so in die verbyloop word die stukke gepas en help vele hande van bejaardes van die selfsorg kamers van die kliniek om kleurvolle prente te bou.

Die inwoners dra self ook by om die voltooide legkaarte te laat raam en pryk hul handewerk teen die mure waar daar elke dag teetyd saam gekuier word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



