
‘n Woord en lied Kersprogram en piekniek saam met die sangpaar, Francois en Elizabeth Fourie onder die sterrehemel in die tuin van die NG Kerk in Vredefort, is Sondagaand geseën met ‘n vinnige bui reën kort nadat die program begin het. Die Kerssang is daarna in die kerkgebou voortgesit.
Groot moeite is ook vanjaar gedoen met die Oestafel waar voorsiening gemaak is vir vingerhappies vir almal wat die besondere aand bygewoon het.

Reën is nou baie nodig veral vir boere wat geplant het.
Vandag se maksimum temperatuur vir Parys is 37 grade Celsius.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



