Local newsNews

Ses in Parys vasgetrek vir dwelmhandel na Valke operasie

'n Uitgebreide ondersoek deur die Valke in die Vrystaat se eenheid vir Georganiseerde Misdaad Ondersoeke, het uiteindelik tot dié groot deurbraak gelei.

Ses verdagtes het Vrydag in die landdroshof in Parys verskyn vir beweerde dwelmhandel  na die sukses van ‘n uitgebreide Valke operasie gefokus op dwelmhandel.
Lede van die Valke in die Vrystaat se eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoeke in Bloemfontein, Welkom, Bethlehem, Sasolburg K9 en Sasolburg Misdaad Intelligensie het die verdagtes, almal tussen die ouderdom van 24 en 46, vroeër vandeesweek in Parys gearresteer.
Die sukses van die operasie volg nadat die Valke ondersoekspan, gestasioneer in Welkom, in April 2022, inligting gekry het van drie verdagtes in Parys wat na bewering betrokke is by dwelmverspreiding in die Fezile Dabi-distrik. ‘n Uitgebreide en lang ondersoek het daarop gevolg en is mense geïdentifiseer, en ‘n modus operandi van die verdagtes bepaal.  Daar kon ook vasgestel word watter dwelms versprei word.
Maatreëls is daarna in plek gestel en toestemming gekry vir die polisie operasie wat uiteindelik tot die arrestasie van die ses gelei het.
Die verdagtes sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning vir ‘n formele borgaansoek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button