Local newsNews

Stormskade by kerk se kloktoring word herstel

Die NG kerkgebou is meer as 100 jaar oud, vertel die gemeenteleraar, ds. Hannes Haggard.

Die kerktoring traliewerk van die historiese NG kerkgebou in Vredefort wat vroeg November tydens ‘n hewige windstorm omgewaai is, en aan die kabel van die weerligafleier gehang het, gaan herstel word.

Kontrakteur Dolf Smit, eienaar van Rooftop Contractors in Pretoria, en self ‘n boorling van Vredefort, het Dinsdag die
beskadigde traliewerk en weerhaan afgehaal met die hulp van ‘n hyskraan.

Ds Hannes Haggard met die kerk se weerhaan wat saam met die traliewerk van die kerktoring afgehaal moes word vir herstelwerk na die stormskade.

Die klein opening op die toring is daarna tydelik geseël teen reën en waterskade

Die konstruksie firma sal met voltooiing van die herstelwerk aan die traliewerk, dit weer vroeg in 2025 terugplaas op die toring.

Rooftop Construction spesialiseer veral in die restourasie van historiese geboue. Dolf het grootgeword op die plaas Good
Hope in die Vredefort-distrik. Hy is betrokke by die herstel en restourasie van verskeie historiese kerkgeboue en het oor die jare ‘n
waardering vir geskiedenis en ‘n rykdom van kennis versamel.

Dolf Smit van Rooftop Construction en self ook ‘n boorling van Vredefort.

Die NG kerkgebou is meer as 100 jaar oud, vertel die gemeenteleraar, ds. Hannes Haggard.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button