Local newsNews

Groot hartseer na botsingtragedie

Ons diepe en innige medelye met die families van die oorledenes. 

‘n Botsing op die Parys/Fochville-pad het Saterdag 14 Desember, die lewens van twee mans, Jaco van Rooyen en Corny Claassen, van Parys Gas, ge-eis.

Corny was nie net as sakeman bekend nie, maar ook as vriend besonder geliefd. Talle huldeblyke en boodskappe van meelewing is oor die naweek gedeel waarin hy beskryf is as iemand wat ‘n ‘gentleman’ was met ‘n mooi hart. In sy vriendekring sal sy plek oneindig leeg wees en laat hy talle mooi herinneringe agter. Sy gedenkdiens is Vrydag vanuit die AGS Sion-gemeente.

Corny Claassen

Ook Jaco wat Nuwejaarsdag 48 sou word,  is as iemand beskryf wat baie vir sy vriende beteken het en wie se dood ‘n groot leemte in sy familie- en vriendekring laat. Jaco se gedenkdiens is Vrydag 27 Desember om 11:00 vanuit die AGS Sion-gemeente.

Jaco van Rooyen.

Brigadier Mokgwabone, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het die ongeluk bevestig.

Die insittendes van die ander voertuig  wat in die botsing betrokke was, is per ambulans van die toneel vervoer en is reeds ontslaan.

Ons opregte en innige medelye met beide families.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button