Parys-kleuter is Vrystaat se inkleurkompetisie-wenner
Nagenoeg 1 000 inskrywings is vir die kompetisie ontvang.
Die Suid-Afrikaanse Fisioterapie Vereniging (SASP) in die Vrystaat se inkleurkompetisie vir die PhysioSA 100 jaar viering, is gewen deur ‘n kleuter van Parys. Leahné Prinsloo het weggestap met die R1 000 Takealot geskenkbewys as prys uit nagenoeg 1 000 inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is.
‘n Fisio pret- en inligtingsdag is ook as deel van PhysioSA se Nasionale Fisioterapie Week by die praktyk van Hennah van Wyk aangebied.

Tydens dié dag het Kyle Ras die Super Geskenkpak gewen.
Die doel van die dag was inligting en bewusmaking rondom fisioterapie en die waardevolle rol wat dit kan speel vir verligting van
rugpyn, oefening, postuur en ander gesondheidskwessies.




