So byna 300 dae sonder beurtkrag
Verbetering in kragopwekking en instandhouding

Eskom voorsien steeds nie beurtkrag vir die somer tot einde Maart nie.
Die kragvoorsiener het verlede week bekendgemaak dat daar nou reeds 282 dae sonder beurtkrag was. Dit word grotendeels toegeskryf aan beter instandhouding en verbetering van kragopwekking.
Danksy die herstelplan vir kragopwekking is eenheid 2 van die Koeberg-kernkragstasie weer deel van die nasionale kragnetwerk sedert einde Desember 2024. Teen die middel van Januarie sal dié eenheid 930MW lewer.
Koeberg se eenheid 1 en 2 sal ook ‘n groot rol speel om die kragnetwerk te stabiliseer en sal gesamentlik 1 860 MW lewer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



