Local newsNews

Help asseblief! Ons soek huis

As jy 'n liefdevolle huis vir hierdie honde of katte kan bied, skakel die DBV by 072 894 4061 vir meer inligting.

Die plaaslike Dierebeskermings-tak (DBV) het met die nuwejaarsvieringe vanjaar twee verlore honde gekry wat deur die publiek na die DBV-perseel gebring is, en een hond wat deur die DBV personeel verdwaald in die strate gevind is. Al drie honde is reeds met hul eienaars herenig.

Daar is egter heelwat pragtige honde en katte by die DBV wat opgegee is vir aanneming omdat hul eienaars verhuis het, of nie meer na die diere kan omsien nie. As jy ‘n liefdevolle huis vir hierdie honde of katte kan bied, skakel die DBV by 072 894 4061 vir meer inligting.

Dié volwasse Jack Russel reuntjie het ‘n liefdevolle geaardheid.

Die DBV het ook tans nood vir katsand, hondekos vir beide klein en volwasse honde, waspoeier vir die diere se beddegoed, skryfbehoeftes en papier vir die drukker in die DBV-kantoor, Jeyes fluid, ontwurming en dipstof. As jy kan help kan jy skenkings by die DBV-perseel afgee, of skakel die DBV om te reël dat die skenkings gehaal word.

‘n Ses maande oue Rifrug kruis tefie vir wie daar huis gesoek word.
Die poedel tefie is een van verskeie honde wat beskikbaar is by die DBV vir aanneming

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button