Local newsNews

So kry indringers vatplek in die vleiland

Die inisiatief om die vleiland te rehabiliteer kan net slaag met die samewerking van die gemeenskap.

Parys se pratige vleiland-gebied wat enorme toeriesme potensiaal vir die dorp inhou, word oor jare bedreig deur onder meer die storting van vullis, bourommel, mense wat ‘n lewe maak van herwinning wat hier die materiaal wat hulle versamel sorteer en wat hulle nie gebruik, dan agterlaat, sowel as rioolstorting en indringerplante.

‘n Inisiatief om die verwaarloosde natuurlike vleiland-gebied in die middel van Parys te rehabiliteer en te omskep in ‘n volhoubare vleiland-ekosisteem wat toeganklik en veilig sal wees vir alle gemeenskappe, is reeds goed op dreef. Die eerste fase van die projek behoort binne die volgende jaar voltooi te wees.

Sedert begin is met die inisiatief is ‘n roete vir bergfietsry en landloop reeds in die vleiland gevestig. skoonmaakaksies geloods, verskeie stap, hardloop en fietsry geleenthede vir die gemeenskap in die vleiland aangebied, befondsingsvoorleggings ingedien, ‘n voëllys vir die vleiland begin, 288 plantspesies in die vleiland op INaturalist aangeteken, die natuurlike fonteinwater getoets en is dit veilig gevind vir drinkwater, en 100 bome ontvang van DESTEA wat in Augustus in die vleiland geplant sal word.

Die inisiatief om die vleiland te rehabiliteer kan egter net slaag met die samewerking van die gemeenskap.

Hoe kan jy help?
1. Deur nie hier rommel te stort nie, en ander ook aan te moedig om die vleiland-gebied skoon te hou.
2. Die vleiland te benut met die geleenthede wat dit bied vir sport, ontspanning en die waardevolle ekologiese lesse wat hier geleer kan word.
3. Mense bewus te maak van die voordele wat die vleiland aan ‘n gemeenskap bied.

Gevolge van rommel- en vullisstorting
Die foto’s van Danie Venter wat reeds 288 plantspesies in die Parys vleiland-gebied op INaturalist aangeteken het, wys enkele van die indringer plantspesies wat alreeds vatplek in die vleiland gekry het.

Venter verduidelik dat dié indringers in die vleiland ingebring word deur vullis en bourommelstorting, motors en treinbeweging, of selfs deur die saad wat aan diere se pelse vasklou. Venter sê om van die indringers ontslae te raak is geweldig arbeidintensief.

Flaveria bidentis of speedyweed doen sy naam gestand en versprei baie vinnig. Groot stukke in die vleiland en ander nat kolle in Parys is al ingeneem.
Linaria dalmatica, Balkan Toadflax wat as ornamentele plant al langs die treinspoor oorneem en heel moontlik saam met die treine hier gekom het.
Pontederia crassipes – waterhiasinte wat ‘n groot bedreiging inhou vir vleilande.
Ipomoea purpurea – die gewone purperwinde wat ook as ornamentele plant ontsnap het en groot gedeeltes van ons vleilande en rivieroewers oorneem.
Datura stramonium in die volksmond bekend as oliebos/malpitte en van Mexico afkomstig, wat al groot stukke in die vleiland ingeneem het veral waar mense die grond versteur het en bourommel gegooi het.
Cyperaceae, beter bekend as uintjies wat eintlik ‘n gesonde vleiland eksisteem moet domineer.
Mirabilis jalapa, – Marvel of Peru, is nog ‘n ornamentele plant wat die vleiland inneem as gevolg van tuinvullis wat in die vleiland gestort word. As hulle eers gevestig is, raak dit moeilik om hulle te beheer. Alle foto’s hierbo met erkenning aan Danie Venter.

Die vleiland-area strek vanaf Tumahole tot onder by die Mimosa Tuine. “Die area begin by ‘n natuurlike varswater fontein aan die agterkant van die Viva-vulstasie in Parys se nywerheidsgebied,” vertel Leida Schuman, een van die vrywilligers betrokke by die projek. Sy verduidelik dat die vleiland ook ‘n hoof voetgangerroete is vir mense wat daagliks tussen Tumahole, Schonkenville en Parys beweeg. Dit verbind skole, die nywerheidsgebied van Parys en woongebiede.

(Inligting met dank aan Danie Venter en Parys Vleiland komitee)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button