Local newsNews
18-Jarige meisie gevind
Kapt Earle het die publiek, die media en ander rolspelers bedank wat gehelp het in die soektog na haar.

Polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle het bevestig dat die 18-jarige Nikky Huisamen wat gister by die Parkweg-polisiestasie as vermis aangemeld is, gevind en veilig is.
Die polisie het ook opnuut weer die versekering gegee dat daar geen wagperiode is vir die aanmeld van ‘n vermiste persoon nie.
Dit is belangrik om so gou moontlik na jou naaste polisiekantoor te gaan met ‘n onlangse foto van die persoon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



