Die Vaalrivier by Parys waar 'n merkbare styging van die Vaalrivier se watervlak gesien kan word.
Riviere en spruite loop sterk na wydverspreide reën die afgelope dae, en het kitsvloede as gevolg hiervan groot chaos in dele van Gauteng en in die Klerksdorp-omgewing op paaie veroorsaak.
Vaaldam is nou 71,08% vol met water wat teen 1211,94 kubieke meter per sekonde invloei en teen 16,800 kubieke meter per sekonde uitgelaat word.
By Barrage is daar teen 20:00 vier sluise oop gewees met water wat teen 208,211 uitgelaat is.
Bloemhofdam is nou 73,5% vol, en was Koppiesdam teen Woensdagmiddag 113% vol.
Lumé en Lienke Terblanche se vreugde oor die reën.Op die foto kan gesien word hoe die Renosterrivier Woensdag al opgestoot het in die Koppies-distrik
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.