Pretstap en piekniek om die liefde te vier
Hierdie was n besondere manier om valentynsdag te kon vier

Rotary Parys het gesorg vir ‘n onvergeetlike aand met ‘n Valentyns pretdraf/stap en piekniek wat Vrydagaand by Vaal de Grace
gehou is.
Naas die prentjiemooi sonsondergang en die natuur wat die aand geniet kon word, was dit ‘n heerlike gesinsaktiwiteit, en het vriende en verliefdes die 2.5km of 4.9km roetes aangepak. Daar was verskeie pryse op die spel onder meer vir dié wat die mooiste aangetrek was, die verliefdes, families, ‘soul sisters & buddies’en selfs vir dié wat met wiele opgedaag het.
Altesaam 143 mense waaronder ook inwoners en personeel van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwessentrum in Parys het deelgeneem. Balonne is by die geleentheid laat gaan as deel van die sentrum se viering van Epilepsie Week.









Dankie aan CSS wat gehelp het met veiligheid en om die roete aan te wys die aand. Foto’s: Verskaf



