Local newsNews

Oudit wys verval by stortingsterreine uit

AfriForum wag steeds op uitspraak van sy dringende aansoek tot die Bloemfonteinse Hooggeregshof wat in Desember gebring is en waarin intervensie by die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit ingevolge artikel 139 van die Grondwet versoek is.

Munisipale verval is aan die orde van die dag en plaaslike vullisstortingsterreine is net ‘n voorbeeld hiervan. Dit is die mening van die burgerregte organisasie, AfriForum wat jaarliks vullisterreine landwyd oudit om die toestand van munisipale en private vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Die organisasie se volledige vullisterreinouditverslag word later vanjaar bekendgemaak.

AfriForum het egter gesê sy oudit wys dat die toestand van Ngwathe se vullisstortingsterreine, spesifiek in Parys en Heilbron weer vanjaar ooglopend swak was. “Benewens dat beide stortingsterreine nie oor wettige lisensies beskik of behoorlik omhein is nie, besoedel die afval klaarblyklik die nabygeleë waterbronne en loop diere rond en vreet die onwelriekende vullis,” sê die organisasie.

AfriForum sê in ‘n verklaring hy het ‘n skrywe in die verband aan die Ngwathe munispialiteit gerig en versoek dat stappe geneem word om die toestand by dié stortingsterreine te verbeter.

AfriForum wag steeds op uitspraak van sy dringende aansoek tot die Bloemfonteinse Hooggeregshof wat in Desember gebring is en waarin intervensie by die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit ingevolge artikel 139 van die Grondwet versoek is. Hiervolgens kan ’n provinsiale uitvoerende gesag intree en die munisipaliteit onder administrasie plaas as ‘n munisipaliteit nie sy pligte nakom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button