Local newsNews

Gewilde radio-omroeper se goue stem stil

Ons opregte medelye met sy vrou, Amanda, en sy familie.

Die gewilde en bekende Vaaldriehoekse radio-omroeper, Marius Dreyer, is oorlede.

Die hartseer nuus is vanoggend deur die radiostasie  VCR bevestig met die woorde: “Ons harte is seer en ons sal nie net sy stem nie, maar sy vriendskap en die warmte wat hy na die lug gebring het, baie mis.  Sy bydrae tot 90.6 FM (VCR) sedert 1998 en die mense rondom hom sal vir altyd onthou word.  Ons wil ons diepste medelye aan sy vrou, Amanda, sy familie en vriende oordra.  Mag julle krag en vrede vind in die herinneringe wat julle saam gedeel het.”

Marius is in Potchefstroom gebore en het aan die Hoër Volkskool gematrikuleer. Sy radio-loopbaan het aan die einde van sy twee jaar diensplig begin, aanvanklik as klankman by die SAUK en daarna by Radio Hoëveld.

Sy betrokkenheid by die Vaaldriehoek se plaaslike radiostasie het gekom toe hy op ‘n dag deur die Vaaldriehoek gery het en gehoor het dat daar ‘n pos vakant is as omroeper by die radiostasie.  Vir jare het Vaaldriehoekers sy bekende stem oor die lug gehoor. Sy Top 30 program op Sondaemiddae, Ken jou Kunstenaar en  Morning Mix@6 is van die radioprogramme waarvoor Vaaldriehoekers hom sal onthou.

Benewens sy besondere talent as tweetalige omroeper , was hy ook ‘n begaafde skilder.

Marius Dreyer

Marius is beskryf as iemand wat ‘n omgeehart vir ander gehad het, altyd reg vir ‘n grappie en met ‘n amazing sin vir humor. Geliefd deur sy familie, kollegas en vriende.

Baie sal nog hul eerste onderhoud met Marius onthou en hoe hy mense op hul gemak kon laat voel.

Hy laat ‘n groot leemte in die Vaaldriehoek maar ook as een van die land se groot radio-legendes. Een uit ‘n miljoen.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button