Local newsNews

Wit strikke waar jy kyk: Dit is waaroor dit gaan

Wees deel van dié inisiatief om verandering te bring in ons gemeenskappe

Die gesig van talle wit strikke voor besighede het vanoggend inwoners en besoekers aan die Vrystaatse dorp, Parys begroet. Die mooi inisiatief van Rotary Parys skakel in by die tema van Rotary Internasionaal – Peace Keeping & Conflict Prevention, wat gedurende Maart geloods is.

“Dit gaan oor vrede en harmonie in gemeenskappe, tussen mense, in die werksplek. Die strikke  is ‘n simbool waarmee hande gevat word om die boodskap uit te dra en momentum te gee daaraan om as individue, besighede en organisasies hande te vat vir n konflikvrye  samelewing waar mense kan saamwerk,” vertel Sandra Uys, president van Rotary Parys.

Die eerste strikke in Parys se strate is Vrydagoggend opgesit en besighede en organisasies genooi om in te skakel by die inisiatief. Of dit ‘n wit strik of lint is wat jy aan ‘n paal, boom of hek vasmaak of drapeer voor jou sakeonderneming of huis – enigeen kan deelneem,

Daar is geen koste nie en jy hoef ook nie te registreer om deel te neem nie.

Charlene le Roux (regs), ‘n nuwe intrekker in die dorp, was so ingenome met die projek dat sy alreeds ‘n donasie gegee het vir Rotary Parys om nog wit matriaal te koop. Links is Chané Grimbeek van Rotary Parys wat gehelp het met die vasbind van die strikke.

Die mooi inisiatief het reeds harte geraak, Charlene le Roux, ‘n nuwe intrekker in die dorp, was so ingenome met die projek dat sy alreeds ‘n donasie gegee het vir Rotary Parys om nog wit matriaal te koop. Met die materiaal word nog strikke gemaak.

Gesels gerus met Sandra by 064 516 0238 as jy navrae het oor die projek, strikke teen minimale koste wil koop, of selfs net raad soek hoe om vinnig en maklik self ‘n wit strik te vou.

Wees deel van dié vredesinisiatief om verandering te bring in ons gemeenskappe vir ‘n gesindheid van verdraagsaamheid en harmonie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button