Uitlaat by Bloemhof verhoog vir beplande onderhoud
Vaaldam het steeds twee sluise oop.
Uitvloei by Bloemhofdam is vanoggend om 10:00 verhoog na 500 kubieke meter per sekonde om voorsiening te maak vir beplande onderhoudswerk by Bloemhofdam wat môre, 1 April, gedoen sal word.
Die uitvloei by Bloemhofdam sal gevolglik môre vir ‘n groot deel van die dag tydelik gestaak word terwyl onderhoudswerk gedoen word. Sodra die werk voltooi is, sal water weer teen 450 kubieke meter per sekonde by dié dam uitgelaat word.
Uitvloei by Vaaldam word gehandhaaf op 261 kubieke meter per sekonde, en is daar steeds twee sluise oop by Vaaldam.
Invloei by Vaaldam word tans gemeet op 446,34 kubieke meter per sekonde. Die dam is nou 106,65% vol.
‘n Totaal van 3mm reën is in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.
Barrage het vanoggend water teen 310 kubieke meter per sekonde uitgelaat.




