Local newsNews

Eerste klippe vir Vrystaat se eie ligtoring

Elke jaar sorg Die Kruistog vir 'n besondere Paasbelewenis.

Die eerste klippe vir die Vrystaatse dorpie, Vredefort se eie ligtoring, kom van Mimosa Grove.

Die ligtoring wat sover bekend die enigste  in die Vrystaat sal wees, word gebou by die Parys-ingang van die dorp as deel van die Kruistog wat vanjaar op Goeie Vrydag 18 April gehou word. Vanjaar is die vierde jaar wat die Kruistog aangebied word met duisende mense wat elke jaar na Vredefort stroom vir hierdie besonder Paasbelewenis.

Met die Kruistog stap mense die eiesoortige Via Dolorosa met selfgemaakte kruise. Die 3km sirkelroete lei mense deur die dorp se strate verby stasies wat die lewe en bediening van Jesus voorstel. Die roete begin en eindig by Vredefort se sportgronde waar elkeen ook n nagmaalpakkie en spesiale Kruistog-sleutelhouer ontvang.

Die Kruistog is heeltemal gratis vir almal wat dit bywoon

Ligtoring

Die ligtoring wat vanjaar gebou word, gaan ‘n pragtige tentoonstelling wees van die verskillende klip-formasies wat in die Vredefort Koepel voorkom, en boere is genooi om allerhande soorte klippe van hulle plase af te bring vir die bouwerk aan die ligtoring.

Dis hier waar Vredefort se ligtoring gaan staan.
Die eerste klippe vir Vredefort se eie ligtoring.

Die doel van die ligtoring is om “Jesus Christus, die Lig van die Wêreld” uit te beeld, vertel een van die organiseerders, Juan Greeff.

‘n Gedenksteen sal op die fondasie aangebring word wat die boodskap uitdra, en ‘n regte flitsende vuurtoring-lig gaan in die bokant van die toring wees om almal daaraan te herinner soos wat hulle Vredefort binnekom, sê Juan.

Die Kruistog is ‘n interkerklike gemeenskapsprojek, aangebied deur die gemeenskap, en ter wille van die
gemeenskap. Daarom word mense genooi om op watter wyse ookal, betrokke te raak. Daar word elke dag by Vredefort se Dinamika-gemeente gevou aan die nagenoeg 20 000 blomme vir die vlot (enigeen welkom om te kom help vou 08:00 tot 13:00), gras gesny, blomme geplant, skoongemaak, vlot gebou, en nog baie meer.

Johann Bloem saam met ‘n klompie manne van die Hartshuis besig om skoon te maak en bome te snoei in die parkie

As jy betrokke wil raak, gesels met Juan Greeff (koördineerder) by 079 874 1860.

Hierdie Saterdag word die dorp skoongemaak ter voorbereiding van die Kruistog, en op 12 April is die groot Kruisbou-dag wanneer honderde kruise gemaak sal word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button