Local newsNews

Borg vir munisipale diensverskaffer wat aangekla is vir miljoene se bedrog

Die saak is tot 29 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Borgtog van R30 000 is in die Vanderbijlparkse landdroshof toegestaan aan Mpho Edward Malema (40), ’n diensverskaffer en direkteur van Mabula Forestry and Construction, wat teregstaan op aanklagte van beweerde korrupsie, bedrog en diefstal van ongeveer R16m by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Lumka Mahanjana, woordvoorder van die Nasionale Vervolgingsgesag sê daar word beweer dat Lerato Selaelo Mpholo (45), die munisipaliteit se vlootbestuurder en beskuldigde nommer een in die saak, tussen Julie 2015 en Julie 2023 ’n betaling van R50 000, asook ander onbekende bedrae, van Malema ontvang het.

Na bewering was die betalings in ruil daarvoor dat Mpholo die toekenning van vlootverkrygingskontrakte deur die munisipaliteit aan Malema en sy maatskappy sou fasiliteer.

Nadat die kontrakte toegeken is, het die munisipaliteit na bewering voertuie ter waarde van ongeveer R16 miljoen by Malema bestel en daarvoor betaal.

Altesaam 18 voertuie, waaronder UD-vragmotors en bakkies, sou gelewer word. Die voertuie is egter na bewering nooit aan die munisipaliteit gelewer nie.

Sewe van die voertuie is intussen by ander entiteite opgespoor en teruggevind, terwyl die res steeds uitstaande is.

Die staat het Malema se aansoek om borgtog teengestaan. Die landdros het egter bevind dat dit in die belang van geregtigheid is dat Malema op borgtog vrygelaat word en het borgtog van R30 000 toegestaan.

Die saak is tot 29 September 2026 uitgestel vir verdere ondersoek.

Malema sal na verwagting ook op dié datum by sy medebeskuldigde, Mpholo, aansluit. Mpholo is voorheen op borgtog vrygelaat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button