R59: Verminder spoed, wees bedag op slaggate
Die R59 is die alternatiewe roete vir die N1.
Motoriste word gewaarsku om bedag te wees op slaggate op die R59 veral tussen die N1 tot by Parys en tussen Parys en Vredefort.
Verminder spoed en hou by veilige volgafstande.


Volgens aanduidings sal die kontrakteur wat vroeër aangestel is om die slaggate te herstel, na verwagting Maandag begin na arbeidsprobleme vroeër die herstelwerk vertraag het.
Alternatiewe roetes vir die R59 na en van Parys
Van Parys na Gauteng

Vanaf Gauteng na Parys

Daar is ook tans ‘n aanlyn petisie wat die ronde doen vir die dringende herstel van die R59.
Die skakel na die petisie is https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSeiMRkmnLMz2rjVyqyyH1XrIEuc3bofZqjYun4PKHn-4RdvUw/viewform?usp=header
Die R59 dra swaar verkeer en is die alternatief vir die N1.



