Local newsNews
Vaaldam maak nog toe
Die huidige uitvloei by Bloemhofdam sal vir vandag gehandhaaf word.
Nog ‘n heksluis sal vanoggend om 10:00 by Vaaldam toegemaak word wat sal beteken dat twee heksluise dan nog oop is. Daar is gister reeds begin om die eerste twee van vyf heksluise wat die afgelope twee weke oop was, toe te maak.
Vaaldam is nou 109,65% vol met invloei gemeet teen 197,29 kubieke meter per sekonde, en uitvloei gemeet teen 445,160 kubieke meter per sekonde.
Barrage laat tans water uit teen 320 kubieke meter per sekonde.
Uitvloei by Bloemhofdam sal vandag gehandhaaf word teen 702,17 kubieke meter per sekonde. Bloemhofdam is nou 100,19% vol met 15,5mm reën wat in dié dam se opvangsgebied gemeet is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



