
Sedert daar vanmiddag gevra is vir hulp met sandsakke as voorsorg vir mense in die Parys-omgewing wat eiendom moet beskerm met die Vaalrivier se watervlak wat sedert gister aansienlik gestyg het, het mense reeds hul harte oopgemaak vir ander in nood.
Soos wat mense om hulp begin vra het, is agtergekom dat daar nood is vir sandsakke en is die projek pro-aktief begin juis as voorsorgmaatreël om sandsakke gereed te hê om ‘n wal te kan pak of te kan help soos wat nood ontstaan.


‘n Groot dankie aan die volgende besighede/individue en instansies wat reeds gehelp het.
- Pula Built-it 50 gevulde sakke sand
- 50 gevulde sandsakke van ons boere
- 150 groot sakke, en 150 kleiner gevulde sakke van Mica Parys. Dankie ook vir die hulp met ‘n vragmotor, vragmotorbestuurder en helpers om die sakke te kan vul môre.
- 2 groot vragte sand van Van Niekerk-broer
- Werner vir die skenk van 150 sakke
Nog baie sakke (enige sakke – veevoer sakke, Hessian, Mieliemeel of ander soortegelyke sakke kan werk), sand, grawe, tou of draad om die sakke toe te bind, en gewillilge hande om die sakke te vul is nodig.
As jy nie sakke het nie maar graag wil bydra tot die projek kan sakke gekoop word by Hinterland, Pula Build-it, Ntsu of Mica.
Hiermee dan ook ‘n uitdaging vir ander hardewarewinkels – kom ons maak hierdie ‘n groot gemeenskapsprojek van omgee.
As jy kan help laai jou skenking af by Cherry on Top, winkelnr 4, Eastern Mosaic
Vragte sand kan afgelaai word by Delverstraat 13 (2 blokke onder nuwe KFC)
Jy kan ook die volgende kontakpersone skakel
Vaughn – 072 468 6602
Lois – 083 419 7361.
Elke sak maak n verskil vir iemand in nood.



