Local newsNews

Dis die plan vir Vaaldam vandag

Uitvloei by Bloemhofdam word verder verhoog.

Status quo sal vandag by Vaaldam gehandhaaf word met tien heksluise wat tans by die dam oop is. Invloei word nou gemeet teen 2 214,48 kubieke meter per sekonde.

Vaaldam is nou 120,69% vol, en is 4mm reën in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.

Uitvloei by Bloemhofdam sal om 10:00 verhoog word na 3 200 kubieke meter per sekonde.

Die Vaalrivier se watervlak by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel is vanoggend gemeet op 4,46m en vloei teen 2 886 kubieke meter per sekonde. Dié brug is steeds gesluit vir verkeer. 
Kromelmboogspruit by die laagwaterbrug by Vaal Eden het al gesak is vanoggend gerapporteer. Met die skryf van die berig was die brug nog gesluit vir verkeer. Foto: André Reynecke.
Op die foto kan nege van die tien sluise by Vaaldam wat tans oop is, gesien word. Foto: Peet Schabort.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button