Local newsNews

Nog sakke en draad nodig vir vloedhulp

As jy nood het vir sandsakke WhatsApp 'n foto van die situasie wat tans by jou is, 'n pin location, jou naam en kontaknommer na Vaughn – 072 468 6602.

Vrywilligers in Parys het reeds vroeër die week pro-aktief begin om sandsakke bymekaar te maak om mense te kan help waar nood is om eiendom te beskerm of walle te pak met die Vaalrivier se watervlak wat sedert Donderdag drasties gestyg het. Tien heksluise is steeds oop by Vaaldam en word die situasie gemonitor.

Mense het reeds hul harte oopgemaak en gehelp met sakke en sand, maar nog baie is nodig om te kan help waar ookal nood ontstaan.

Wat is nodig?

  • Nog baie sakke (enige sakke – veevoer sakke, Hessian, Mieliemeel of ander soortegelyke sakke kan werk),
  • Sand
  • Grawe
  • Tou
  • Draad om die sakke toe te bind
  • Gewillilge hande om die sakke te vul is nodig.

As jy nie sakke het nie maar graag wil bydra tot die projek kan sakke gekoop word by Hinterland, Pula Build-it, Ntsu of Mica.

Waar laai jy af as jy kan help?

As jy kan help laai jou skenking af by Cherry on Top, winkelnr 4, Eastern Mosaic

Vragte sand kan afgelaai word by Delverstraat 13 (2 blokke onder nuwe KFC)

Jy kan ook die volgende kontakpersone skakel

Vaughn – 072 468 6602

Lois – 083 419 7361.

Elke sak maak n verskil vir iemand in nood.

As jy nood het vir sandsakke – hoe maak jy

WhatsApp ‘n foto van die situasie wat tans by jou is, ‘n pin location, jou naam en kontaknommer na Vaughn – 072 468 6602. Dit is belangrik dat jy foto’s van die situasie by jou tans sal stuur saam met jou WhatsApp sodat bepaal kan word waar nood die dringendste is en watter hulp nodig is. 

‘n Groot dankie aan die volgende besighede/individue en instansies wat reeds gehelp het. 

  • Pula Built-it 50 gevulde sakke sand
  • 50 gevulde sandsakke van ons boere
  • 150 groot sakke, en 150 kleiner gevulde sakke van Mica Parys. Dankie ook vir die hulp met ‘n vragmotor, vragmotorbestuurder en helpers om die sakke te kan vul môre.
  • 2 groot vragte sand van Van Niekerk-broer
  • Jeanette Fourie vir draad skenking
  • Werner vir die skenk van 150 sakke
Dankie vir soveel hande en hulp wat gister en vandag alreeds ingestroom het.

Let wel dat hierdie aksie nie is om paniek te saai nie, maar eerder om paraat te wees en te kan hulp verleen waar nodig en soos nood sou ontstaan. Baie mense sit vrywillig baie tyd, geld en moeite in hierdie aksie in en kan hierdie pro-aktiewe optrede werklik nie net nou nie maar ook in die toekoms baie help om waar mense in nood sou kom, dadelik te kan help. Omdat vloedsituasies baie onvoorspelbaar is en skiellik kan verander het die verlede al geleer dat hulpbronne skaars is veral wanneer die nood skiellik sou kom. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button