Soektog duur voort na drie polisiekonstabels
Mense wat die polisie kan help in die uitgebreide soektog wat reeds van stapel gestuur is, kan die ondersoekbeampte kapt. Chaacha Manga skakel by 082 527 6099.

Daar word steeds gesoek na drie polisiekonstabels wat vroeër die week onder raaiselagtige omstandighede verdwyn het en ondersoek die polisie tans die moontlikheid van kaping en ontvoering.
Konstabels Cebekhulu Linda (24), Keamogetswe Buys (30) en Boipelo Senoge (20) was van Bloemfontein op pad na Limpopo waar hulle ontplooi is, en is Woensdag die laaste keer by die Engen-vulstasie naby die Grasmere-tolhek op die N1 gesien. Hulle het met n wit Volkswagen Polo met registrasienommer JCL 401 FS gery, en was van diens toe hulle verdwyn het.



Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder het Saterdag bevestig die beamptes se selfone en voertuigopsporingstoestel is op die dag van hul verdwyning afgeskakel.
Mense wat die polisie kan help in die uitgebreide soektog wat reeds van stapel gestuur is, kan die ondersoekbeampte kapt. Chaacha Manga skakel by 082 527 6099.
Die Nasionale Kommissaris van die SAPD, genl. Fannie Masemola, sal vandag ook saam met die adjunk nasionale kommissaris vir misdaadondersoeke, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, met die span vergader wat die ondersoek lei, en ook met die families van die betrokke polisielede praat.



