Local newsNews

Dié motte draai graag om ‘n ietsie soet met skop

Jy sien hulle letterlik in hul duisende nou oral rondvlieg.

Van Dundee tot in die Kalahari. en selfs in die hart van die Vredefort Koepel sien jy die groot, bruin motte met hul kenmerkende ‘oë’ op die punt van elke vlerk wat nou letterlik in hul duisende oral in Suid-Afrika rondvlieg. Dalk het jy selfs al ‘n paar in jou huis gekry.

“Die baie reën wat die afgelope tyd gesien is, verduidelik die groot getalle van die uilmotte (Cyligramma latona),” sê ekoloog en habitatspesialis, Renier Terblanche.

Hy vertel dat dié motbevolkingsgetalle gewoonlik beheer word deur vlieë en wespes, maar na die reën is daar volop kos en bou die larwes op in getalle.

Dan moet ook in gedagte gehou word dat daar ‘n natuurlike afname in dié motte se insek-predatore was weens droogte wat die baie reën voorafgegaan het.

“Interessant is dat uilmotte oënskynlik graag ‘partytjie’ hou met hul voorliefde vir ‘n bietjie soeterige alkoholiese drank,” vertel hy. Hulle word ook aangetrek deur lig en oorryp vrugte. Die ruspes leef van elandsboontjie en doringbome.

Die pragtige foto van die uilmot is deur Renier Terblanche op Mooinooiensfontein in die Vredefort Koepel geneem.

Uilmotte is skadeloos en het ‘n wye verspreidingsgebied. “Hulle kom oor die hele Afrika tot in Egipte en self Madagaskar voor, hoewel nie in die heel westelike dele van ons land nie,” sê Terblanche. “Tog is hulle selfs nou in die Kalahari opgemerk op elandsboontjie,” vertel hy.

Hul leef net ‘n week en vrek dan nadat hulle gepaar en eiers gelê het.

Voorheen was die mot nie so bekend nie, maar het die iNaturalist toepassing waarmee die publiek self aktief kan deelneem aan data-versameling van onder meer voëls, bome, plante en insekte wat opgemerk word, ‘n groter bewustheid van die omgewing en interessante waarnemings by mense geskep,” sê Terblanche.

Terblanche het ook van die motte op Mooinooiensfontein in die Vredefort Koepel teëgekom. Die Koepel is bekend vir sy verskeidenheid van habitatte en mikro-habitatte. Die habitat-verskeidenheid het verlede jaar gelei tot ‘n spontane inisiatief vir ‘n projek om die Koepel se unieke fauna en flora te lys vir bewaring en bewusmaking van dié gebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button