Local newsNews

Die water kom na dorp se twee weke waternood

Met die Vaalrivier se watervlak wat die afgelope week aansienlik gesak het, het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit Woensdag begin om pype te koppel aan die pomp waarmee water vir Vredefort uit die Vaalrivier onttrek word, en is verwag dat Vredefort se inwoners uiteindelik na twee weke se waterdroogte, uiteindelik van vanmiddag af weer water in …

Met die Vaalrivier se watervlak wat die afgelope week aansienlik gesak het, het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit Woensdag begin om pype te koppel aan die pomp waarmee water vir Vredefort uit die Vaalrivier onttrek word, en is verwag dat Vredefort se inwoners uiteindelik na twee weke se waterdroogte, uiteindelik van vanmiddag af weer water in hul krane sou begin kry.

Die waterpomp was vir dae lank onder water en kon nie bereik word nie na swaar reën en 10 sluise wat by Vaaldam oopgemaak is, wat die Vaalrivier se watervlak drasties laat styg het. Die gevolg was dat Vredefort en Mokwallo se krane vir dae aaneen droog was.

Daar is Woensdagoggend al bevestig dat sodra genoegsame water gepomp kan word, water stelselmatig deur die netwerk sal loop.

Die munisipaliteit het by navraag oor die afgelope twee weke se waterkrisis gesê dat twee watertenkwaens vir die dorp se waternood beskikbaar gestel was tydens die waterkrisis, met ‘n addisionele watertenkwa wat ook vroeër vandeesweek na die dorp gestuur is.

Die munisipale bestuurder, dr. Fethuli Mothamaha en die direkteur tegniese dienste, Patricia Morokolo, het beide die versekering gegee dat hulle die situasie monitor en Vredefort se waterprobleem die munisipaliteit se volle aandag geniet.

Daar is Woensdag gereed gemaak om weer water na die dorp se watersuiweringsaanleg te begin pomp.

Daar is verder gesê dat die waterkrisis nie ‘n normale situasie was nie, maar weens die Vaalrivier wat in vloed was.

Wat egter duidelik was is dat langtermyn noodplanne nodig is om die pomp makliker uit die water te kry in vloedtoestande soos wat nou weer gesien is, en die nodigheid vir die beskikbaarheid van bystandpompe.

Daarbenewens moet ook gekyk word na hoe die dorp se boorgate meer doeltreffend benut kan word om te voorsien in die dorp se waternood, veral in krisistye.

Voor die krisis het die dorp ook gereelde waterprobleme gehad onder meer weens onvoldoende waterkapasiteit, pypbreuke en drukprobleme.
Inwoners met wie Gazette gepraat het, het gesê dat die afgelope twee weke ‘n onuithoudbare situasie was. Baie inwoners is bejaard en het nie geld om water te koop nie, is gesê.

Hulle sê hulle was voor die Paasnaweek ook ‘n week sonder water en dat dele van die dorp tot vier maande laas water gehad, terwyl dele in Mokwallo voortdurende waternood het, is verder gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button