Local newsNews
Gemeenskappe verenig in geloof teen misdaad, korrupsie en verslawing
Hierdie is 'n inisiatief deur en ter wille van die gemeenskap om as kerke en geloofsdenominasies in Parys, Tumahole, Schonkenville en Vredefort saam verenig in geloof te staan.
“As gemeenskappe kan ons in geloof verenig om ‘n einde te bring aan wetteloosheid, verslawing, misdaad, geslagsgebaseerde geweld en korrupsie.” Dit is die visie van die Gospel Crusade wat van 27 tot 30 Mei by die Fezile Dabi-stadion in Tumahole gehou sal.
Ses en dertig kerke uit die groter Parys, Schonkenville, Tumahole, Mokwallo en Vredefort gemeenskappe het reeds hul steun vir die gemeenskapsinisiatief gegee om ‘n daadwerklike verskil te maak.
Die visie vir die Gospel Crusade is op evangelis Emil Wentzel en Hendri Slabbert se harte gelê, en sê Hendri dat geloofsleiers die afgelope dae saamgewerk het oor kerkgrense heen om mense in geloof te verenig teen dit wat gemeenskappe afbreek.
Slabbert vertel dat 15 evangeliste vandeesweek al met uitreikaksies na skole, staatsdepartemente en besighede in dié dorpe begin het.
Vanmiddag om 16:00 is daar ook ‘n Pop-up Crusade by Clicks waar woordbediening gedoen sal word, en sal dieselfde pop-up crusades oor die volgende dae ook op ander plekke gesien word om die evangelie te bedien.
“Ons sien reeds elke dag ‘n groot beweging van die Here in die gemeenskap,” het Slabbert gesê.
Tydens die interkerklike Gospel Crusade sal mense vanaf 17:00 van 27-30 Mei deur die stadion-hekke kan beweeg. en begin die lofprysing, gebed- en woordbediening deur Emil Wentzel om 18:00 op die genoemde datums. Die verrigtinge eindig op die vier dae om 20:00.
Lofprysing word gesamentlik deur die onderskeie kerke wat deelneem, hanteer.
Verskeie instansies en sakeondernemings het rhul steun vir die Gospel Crusade gegee, en sal Parys Sekuriteit en die SAPD toesien dat mense veilig sal wees by die stadion, en ook wanneer na en van die stadion beweeg word.
Die stadion is deur die Ngwathe munispaliteit vir die geleentheid beskikbaar gestel en kan 14 000 mense akkomodeer.
Daar is geen toegangsgelde nie, en geen wins word uit die Gospel Crusade gemaak nie.
Hierdie is ‘n inisiatief deur en ter wille van die gemeenskap om as kerke en geloofsdenominasies in Parys, Tumahole, Schonkenville en Vredefort saam verenig in geloof te staan.
As jy navrae het, kan jy enige van die volgende nommers skakel:
Past Sandile Khumalo – 073 186 2433
Evangelis Hendri Slabbert – 072 685 1849
Past. Themba Mabunda – 078 119 2223
Past Jacob Masike- 072 724 5465

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



