Stoor jou naasbestaandes se kontaknommers so in geval van nood
Nienaber het ook meer vertel van die Bophelo selfoontoepassing wat jy gratis op jou selfoon kan aflaai om hulp van die provinsiale ambulansdiens vinnig en maklik te ontbied.
Isabel Nienaber, ‘n bekwame en toegewyde paramedikus was die spreker by die Parys Vroue Landbou Unie (VLU) byeenkoms, waar sy dié vroue gewys het wat om te doen in ‘n mediese noodgeval. Sy het onder meer noodhulp in geval van ‘n verstikking en bloeding gedemonstreer.
Nienaber het ook meer vertel van die Bophelo selfoontoepassing wat jy gratis op jou selfoon kan aflaai om hulp van die provinsiale ambulansdiens vinnig en maklik te ontbied.
Van die waardevolle wenke wat sy gedeel het was om kontaknommers, wat in geval van nood geskakel moet word, te stoor met die letter ICE vooraan, gevolg deur die naam van die persoon wat geskakel moet word. Sodoende kan noodpersoneel makliker jou naasbestaandes in jou kontaklys kry om te skakel op ‘n noodtoneel.
Die provinsiale ambulansdiens noodnommers wat jy ook op jou selfoon kan stoor is:
056 216 1600/ 601/ 609/ 612/ 618/ 619/ 620 of 066 443 7387 of 072 551 7317
Nienaber het verduidelik dat provinsiale ambulans vervoertariewe per kilometer bereken word, behalwe in gevalle van uitsluitings soos mense wat uitsluitlik van ‘n SASSA-toelaag afhanklik is, kinders onder vyf jaar en swanger vroue.

Parys VLU-lede kom weer op 1 Julie bymekaar. Enigeen, ook nie-lede, is welkom om die byeenkomste by te woon. Vir meer inligting oor die VLU, skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet v/d Ende by 082 474 0304.



