Vloedskade by hangbrug herstel
Danksy die uitsonderlike en volgehoue inisiatief, is die brug steeds een van die dorp se grootste toerisme aantreklikhede.
Vloedskade aan die rivierwal by Parys se bekende 1919-hangbrug oor die Vaalrivier, is vandeesweek uit eie sak herstel danksy die inisiatief van Stephanie Fourie, ‘n inwoner van Parys. Nie net is die verspoelde grondwal weer opgevul nie, maar is sandsakke ook gepak om die wal te verstewig.
Stephanie en ‘n handjievol vrywilligers, met die ondersteuning van mense uit die gemeenskap, het verlede jaar nodige herstelwerk by die brug gedoen en gesorg dat die omgewing skoongemaak en verfraai word.
Sedertdien word die hele omgewing en rivieroewer steeds op eie koste week na week skoongemaak, vullisdromme leeggemaak en gesorg dat die gras op die oewer gesny word.



