Local newsNews

Instandhoudingswerk gaan voort, sê Rand Water na Emfuleni kennisgewing

Die waterverskaffer het ook weer gesê dat gereelde opdaterings oor vordering met die 16-dae beplande instandhoudingswerk gegee sal word.

Rand Water se 16-dae beplande onderhoudswerk aan  sy waternetwerk gaan voort soos geskeduleer.

Die waterverskaffer het dit duidelik gemaak in n verklaring wat uitgereik is waarin inligting wat verkeerdelik deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit versprei is in ‘n openbare kennisgewing aan inwoners van Emfuleni, weerlê word. Rand Water het weer bevestig dat die onderhoudswerk sal voortgaan soos vroeër gekommunikeer.

Rand Water sê die kritiese onderhoudswerk is deel van die waterverskaffer  se pogings om sy infrastruktuur pp te gradeerk kapasiteit te verhoog en aanlegbeskikbaarheid te verbeter, ten einde meer betroubare watervoorsiening op die langtermyn te kan lewer.

Die waterverskaffer het die publiek bedank vir hul begrip in die proses wat hy sê tot voordeel van gemeenskappe sal wees.

Daar is ook weer onderneem dat gereelde opdaterings oor hoe die instandhoudingswerk vorder, gegee sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button