Restaurantpersoneel help om pakkie by eienaar te kry
Daar is nog eerlike mense daarbuite..
Graag wil ek my opregte dankbaarheid uitspreek teenoor Hoi Polloi Restaurant se personeel. Ek kom van Pretoria-Oos, en gebeur dit min dat jy jou pakkie weer sal terugkry.
Ek het Vrydag, 23 Mei, vir die naweek deurgery na Parys, vir ons maandelikse Jimny samekoms by die Parys Golf & Country Estate, Saterdag 24 Mei. Ek het oorgeslaap by my vorige direkteure se huis op die Golf Estate. Nodeloos om te sê ek het uitgepak en toe besluit ek het ‘n hele Vrydag vir myself en gaan die pragtige dorp verken.
Ek het gestop by Hoi Polloi Restaurant in Breëstraat en vandaar te voet geloop van winkel na winkel, en net lekker gekoop. Na ‘n heerlike inkopietog het ek van my pakkies in my Jimny gesit en hierdie pakkie opgevat omdat dit spesifiek vir my kleindogter was (ek wou net weer daarna kyk).
Ek en die kelnerin het gesels na my ete en was ek in ekstase om die mooi restaurant te besigtig. Ek het betaal en is daar weg om na nog nuwe plekke te ry, maar het tnie my pakkie saamgeneem nie. Dit het ek eers Sondag by die huis agtergekom.
Ons Jimny-dag die Saterdag was super besig en Sondag wou almal terugrry huistoe.

Met sulke vriendelike personeel met integriteit kan ek net sê baie baie dankie aan Hoi Polloi Restaurant en personeel. Ek het my bewys gekry dat my pakkie gekoerier is en alreeds die naweek sou ontvang.



